Subscribe & Follow
Advertise your job vacancies
Jobs
- Advertising Sales Executive Illovo, Johannesburg
- Content Creator Cape Town
- Head of Performance Marketing South Africa
- Copywriter Cape Town
- Junior Copywriter Cape Town
- Senior Video Editor Johannesburg
- Creative Director Cape Town
- Head of Social Durban
- Influencer and PR Account Manager Cape Town
- Working Art Director Johannesburg
Toyota verstaan waarde van moedertaal
As daar een maatskappy is wat die waarde van moedertaal-reklame verstaan, is dit Toyota. Wie sal die Afrikaanse radioveldtog Taai Oumas, taai tieners en taai meisies vergeet wat in 2013 die Pendoring Prestige-prys gewen het? En wat van die Automark-radioveldtog in Zoeloe wat in dieselfde jaar 'n goue Pendoring gewen het? En dan weet Toyota net hoe om daarmee saam humor en die Suid-Afrikaanse kultuur in sy ryke verskeidenheid in te span om kliënte se harte warm te maak.
Calvyn Hamman, Toyota
"Toyota glo steeds dat moedertaalreklame bydra tot handelsmerk-lojaliteit en kliëntebetrokkenheid. Daarom het ons besluit om aan te hou om Pendoring te borg. Pendoring fokus nie verniet vanjaar ook op ander inheemse tale nie," sê Calvyn Hamman, senior vise-president van Verkope en bemarking by Toyota.
"Al die geliefde Toyota-advertensies van die verlede het bygedra tot ons hoë persentasie lojale kliënte wat Afrikaanssprekendes insluit. Ek dink dit dra by tot hul algehele persepsie van die Toyota-handelsmerk. Deur moeite te doen met moedertaalreklame bewys ? handelsmerk dat hulle hul kliënte waardeer en vir hulle omgee."
Volgens Hamman het Afrikaanssprekendes baie bygedra tot Toyota se sukses in Suid-Afrika. "Hulle voel tuis by ? maatskappy wat in hul taal met hulle praat. Dit maak dus sin om aan te hou om in Afrikaans te adverteer."
"Omdat die Afrikaanse gemeenskap vir ons belangrik is - net soos die ander gemeenskappe - doen ons moeite om die regte kanale te vind (promosies, borgskappe en reklame) om ons kliënte te bereik. Toyota se Hilux-reklameveldtogte was nog altyd ? groot sukses in Suid-Afrika omdat dit ? groot Suid-Afrikaanse ikon is wat die handelsnaam toelaat om pret te hê terwyl hy sy sterk punte afwys.
"As die regte aanbod/platform vir bemarking hom voordoen wat die handelsnaam se reklamestrategie pas, dan sal handelsmerke die geleentheid aangryp. Dit is belangrik dat die verskeie Afrikaanse platforms (soos kykNET) vars en op die hoogte bly van nuwe verwikkelinge in die industrie. Maar meer as enigiets anders, moet hulle kompeterend wees in terme van prys en reikwydte."
- Die Pendoring-toekennings vind op 30 Oktober by Vodacom World, Midrand, in Gauteng plaas. Inskrywings vir advertensies en veldtogte wat van 1 Julie 2014 en tot en met 7 Augustus 2015 verskyn het of uitgesaai is, mag ingeskryf word. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Augustus 2015. Inskrywings word aanlyn gedoen by www.pendoring.co.za
- Sluit aan by die Pendoring Facebook-groep of volg @Pendoring_ op Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring.
Pendoring wil graag die volgende borge bedank:
Platinum: Die Dagbreek Trust, Huisgenoot, ATKV, kykNET en Media24
Goud: Toyota
Silwer: Rapport
Brons: Die Burger, Ads24,Caxton-gemeenskapskoerante, Jacaranda FM, OFM.
Vennote: Maroela Media, DEKAT, kulula.com, Leopard's Leap Wines, Marklives.com, Newsclip, Bizcommunity, Vodacom World en Evati-mineraalwater
Pendoring is the platform that embraces country and industry to promote, unify and celebrate the richness of South Africa's creative content in all its indigenous languages.
- Joe Public tops the 2019 Pendoring rankings27 Nov 14:35
- #Pendoring2019: Congratulations, Dorings!04 Nov 12:39
- The Pendoring Awards to celebrate creative work in indigenous languages on 31 October at UJ Art Centre28 Oct 12:39
- Skud solank die vere reg vir nog 'n glansryke Pendoring-bekroningsaand11 Oct 15:11
- It's all systems go for Pendoring's glittering gala event11 Oct 13:56