Jobs offered South Africa

Junior Verkoopsverteenwoordiger

Remuneration:R8000 - R18000 per month commission only 
Benefits:Selfoontoelaag, sambreelfonds
Location:Pretoria, Centurion
Education level:Matric
Job level:Junior/Mid
Travel requirement:Often
Type:Permanent
Company:Plaas Media


Plaas Media is op soek na ’n junior verkoopsverteenwoordiger om algemene verkoopsverwante take te verrig asook advertensiespasie te verkoop. Hierdie is ’n voltydse, kantoorgebaseerde posisie by die maatskappy se kantore in Lyttelton, Centurion. Die pos is gemik op ’n jong persoon wat graag ’n loopbaan in advertensieverkope wil volg, maar nog nie oor al die nodige vaardighede beskik nie. Geen vryskut-verkoopsmense sal oorweeg word nie.

Posbeskrywing:
  • Marksegmentering en opstel van gereelde marksegmenteringsverslag.
  • Verkoop advertensiespasie op uitsaai-, aanlyn- en in gedrukte mediaprodukte.
  • Hanteer bestaande kliëntebasis en bou van ’n nuwe kliëntelys.
  • Insamel van advertensiemateriaal en kliënte se advertensieplasings.
  • Hantering en afhandeling van besprekingsvorms.
  • Bywoning van kliënte- en bedryfsgeleenthede.
  • Ondervinding of agtergrond in die landboumediabedryf sal tot voordeel wees, maar is nie ’n voorvereiste nie.
  • Vergoeding is kommissie-gebaseerd, met 'n aanvanklike drie-maande basiese vergoeding van R8,000 plus kommissie, waarna 'n mededingende kommissiestelsel in werking tree.
Die ideale kandidaat:
  • Moet vlot wees in Afrikaans (moedertaal).
  • Engels-vaardig (skryf en praat).
  • Moet oor 'n geldige bestuurderslisensie beskik.
  • Moet oor goeie navorsingsvaardighede beskik ten einde nuwe kliënte te vind en kliënte se produkportefeuljes te bestudeer.
  • Leergierige persoon wat vinnig ’n grondige kennis oor die landbouadvertensieverkope-omgewing kan ontwikkel.
  • Moet oor goeie administratiewe vaardighede beskik.
  • Moet ‘cold calling’ kan doen en oor uitstekende telefoonetiket beskik.
  • Moet akkuraat kan werk en duidelik kommunikeer.
  • Moet daarvan hou om met mense te skakel.
  • Moet onder druk kan werk en daaglikse, weeklikse en maandelikse sperdatums haal.


Company Description

Plaas Media is an agricultural media house with a presence across printed, broadcast and online media.

Posted on 15 Apr 10:08, Closing date 14 Jun

Apply by email

Lynette Louw
lynette@plaasmedia.co.za

Or apply with your Biz CV

Create your CV once, and thereafter you can apply to this ad and future job ads easily.
Let's do Biz