Subscribe & Follow
Jobs
- Head of Strategy Centurion
- MW Art Director Cape Town
- MW Art Director Cape Town
- Paid Media Specialist - Lead Generation Johannesburg
- DTP Art Director Cape Town
- Business Development Manager Orange Grove
- Creative Director Cape Town
- Account Manager Johannesburg
- MW Art Director Cape Town
- Senior Design Manager / Design Studio Manager Johannesburg
Wegspringskoot klap vir Pendoring 2014... veldtog nooi reklameskeppers om inskrywings te stuur
Vanjaar bring Pendoring hulde aan die reklamehelde wat ons jarelank vermaak het, maar daag terselfdertyd die reklamebedryf se skeppende denkers uit om met 'n nuwe geslag ikone vorendag te kom.
Die Pendoring-veldtog is die breinvrug van FCB, verlede jaar se wenners van die Pendoring-prestigetoekenning. "Ons kommunikeer met ons kollegas - die skeppende bedryf - en hulle is nogal 'n klomp harde koejawels. Ons wou iets doen wat hulle regop sou laat sit en kennis neem. Dus, om te verhoed dat ons oproep om inskrywings iewers lê en stof vergader, het ons probeer om iets te skep wat hulle sal prikkel en waarop hulle sal reageer," sê Jonathan Deeb, uitvoerende skeppende hoof van FCB Johannesburg.
"Overgeset synde: terwyl ons hulde wil bring aan die groot ikone en karakters wat voorheen in reklame uitgetroon het, wil ons ook die boodskap tuisbring dat hulle tyd verby is en dat ons 'n nuwe geslag ikone soek," verduidelik Deeb.
Die 2014 Pendoring-veldtog behels drie plakkate in die vorm van 'n veerpyltjiebord met elemente van welbekende ikone. "Uit die staanspoor wou ons iets interaktief doen. En wat kon nou beter wees om die lont aan die brand te steek as om plakkate te skep wat skeppendes aanmoedig om veerpyltjies na kollegas se werk te gooi," sê Francois Delport, senior-kopieskrywer by FCB.
Daarbenewens gaan skeppende hoofde ook 'n toorpop ontvang wat soos 'n ikoniese reklamekarakter lyk. In ooreenstemming met die interaktiewe aard van die veldtog word hulle aangemoedig om dié pop te 'martel', sê Delport.
Die interaktiewe aanslag van die veldtog word soos 'n goue draad deurgetrek tot by die beoordelaars se uitnodiging, wat 'n selfoon, gelaai met lugtyd, 'n speelgoed-pistool en 'n tabletrekenaar insluit. Hul aanvaarding of afwysing van die uitnodiging sal bepaal watter element van krag word.
Bemarkers word ook by die veldtog betrek en aangemoedig om hul agentskappe aan te spoor om 'n nuwe geslag ikone te skep. Sodoende kan hulle R2 miljoen se gratis advertensieruimte of lugtyd van deelnemende Pendoring-borge ontvang, sou hul agentskap vanjaar met die Pendoring-prestigetoekenning wegstap. Die Prestige-wenner ontvang ook 'n oorsese studiereis van R50 000.
Die wenner van die Umpetha-toekenning ontvang R20 000. Umpetha is Zoeloe vir 'beste' en die algehele wenner in die Eg Suid-Afrikaanse kategorieë, wat advertensies en veldtogte in ál die inheemse tale van Suid-Afrika erken en beloon, ontvang dié toekenning. Dit word vanjaar die derde keer toegeken.
Die algehele studentewenner ontvang R10 000 asook 'n internskap by TBWA\ Hunt\LascarisJohannesburg. Wenners van goue Pendoring-trofees kry R6 000 elk, en wenners van silwer Pendorings R2 500 elk.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Julie 2014. Veldtogte wat van 15 Julie 2013 tot 21 Julie 2014 uitgesaai/gepubliseer is, kan ingeskryf word. Die glansryke Pendoring-bekroningsaand vind op 24 Oktober 2014 by Vodacom World, Midrand, plaas.
Sluit aan by die Pendoring Facebookgroep of volg @Pendoring_ op Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring. Vir meer inligting oor Pendoring of hoe om in te skryf, besoek www.pendoring.co.za
- Joe Public tops the 2019 Pendoring rankings27 Nov 14:35
- #Pendoring2019: Congratulations, Dorings!04 Nov 12:39
- The Pendoring Awards to celebrate creative work in indigenous languages on 31 October at UJ Art Centre28 Oct 12:39
- Skud solank die vere reg vir nog 'n glansryke Pendoring-bekroningsaand11 Oct 15:11
- It's all systems go for Pendoring's glittering gala event11 Oct 13:56