Gemeenskapskoördineerder at Afriforum
AfriForum is op soek na jong prokureurs wat pas hul klerkskap afgehandel het en wat nie wil praktiseer nie, maar steeds wil werk by ? maatskappy waar hul regskwalifikasie gebruik gaan word.
AfriForum se gemeenskapsafdeling fokus op plaaslike owerhede wat nie hul grondwetlike verpligtinge nakom nie. Die Gemeenskapskoördineerder se verantwoordelikheid is om AfriForum-lede se regte in verskeie gemeenskappe te beskerm.
Die pos behels onder meer om plaaslike owerhede tot verantwoording te roep; regstappe teen plaaslike owerhede te loods; korrupsie te ondersoek om korrupte munisipale amptenare te vervolg, swak dienslewering die hoof te bied; lede te werf en te organiseer; AfriForum se gemeenskapsplan te implementeer; navrae en probleme te hanteer; administratiewe bestuur te behartig; leiding aan gemeenskappe te gee; met die media en plaaslike en provinsiale owerhede te skakel; geskikte provinsiale veldtogte te voer; en aktiwiteite buite Gauteng te organiseer wanneer nodig.
Om daarvoor te kwalifiseer, benodig jy ? toepaslike tersiêre kwalifikasie. Die kandidaat moet ? geldige rybewys en ? voertuig hê. ? Opregte belangstelling en ondervinding in plaaslikeregeringsake, gemeenskapsveiligheid of omgewingsake sal in jou guns tel.
Indien jy in die profiel pas, stuur asseblief jou CV voor of op 28 Februarie 2015 aan Karen Hewitt by karenh@afriforum.co.za.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar jou aansoek was onsuksesvol.