![]() |
Die Tweede PersepsieJacques Broodryk, South Africa's top Mentalist's brand new show is up and running! With amazing demonstrations such as mind reading, making a spectator forget a card or linking two spectators 'telepathically' combined with Jacques' humorous presentation makes this show one not to be missed! Jacques Broodryk, Suid Afrika se eie Afrikaanse 'Mentalist' se splinternuwe produksie, Die Tweede Persepsie, is op die planke! In die produksie kombineer Jacques klassieke kulkuns met gesofistikeerde sielkundige tegnieke om die gehoor op 'n reis te neem na die ander kant van wat ons dink moontlik is. Met ongelooflike demonstrasies soos om te voorspel watter woord 'n lid van die gehoor uit 'n koerant sou kies, 'n vrywilliger te laat vergeet watter kaart hy gekies het, of om twee vrywilligers "telepaties" te verbind, gekombineer met Jacques se humoristiese aanbieding sorg vir 'n hoogs vermaaklike vertoning. Die produksie steun op sterk gehoor deelname en die interaksie sorg vir 'n persoonlike en opwindende ervaring wat eindig met 'n verassende klimaks wat toeskouers vir lank daarna sal laat wonder hoe Jacques sy betowerende demonstrasies uitvoer. Die vertoning sal op 26 September, 4 Oktober en 12 Oktober by die Asbos Teater in Lynnwood plaasvind en kaartjies kos R80pp. Plekke is beperk so bespreek nou jou kaartjie by www.asbos.co.za. Die vertoning is al reeds 21 keer in Kwazulu-Natal op gevoer en is nou oppad Gauteng toe. Date: 26 September 2013Time: 19:00 - 21:00 Venue: Die Asbos Teater, Pretoria Cost: R80pp Date: 04 October 2013 Time: 19:00 - 21:00 Venue: Die Asbos Teater, Pretoria Cost: R80pp Date: 12 October 2013 Time: 19:00 - 21:00 Venue: Die Asbos Teater, Pretoria Cost: R80pp |