Na vier jaar se onophoudelike navrae, kan die Boereoorlog-musiekspel, Ons vir Jou, uiteindelik vanaf 5 Oktober 2013 vir die eerste keer in Kaapstad gesien word.
Dié trefferproduksie, geskryf deur Hertzog-pryswenner, Deon Opperman, en Sean Else en met musiek deur Johan Vorster, is al deur 80,000 mense gesien en reeds in 2008 die eerste keer aangebied. Daarna het dit in 2009 en 2012 op publieke aandrang teruggekeer.
Bekendes wat in die produksie te sien is sluit in; Rouel Beukes, Zanne Stapelberg, Vaughan Gardiner, Marisa Drummond, Phillip Moolman, Neels Coetzee, David Clatworthy, Stephen Jennings en vele meer.
Genre: Musiekspel
Waar en Wanneer: Artscape Operahuis, Kaapstad vanaf 5 - 26 Oktober 2013
Date: 05 October 2013
to 26 October 2013
Time: 15:00
Venue: Artscape Theare Opera House, Cape Town
Cost: R150 - R300
More info: D F Malan Street, Foreshore, Cape Town