![]() |
Rachelle Greeff se skryfkursusDie Taalmonument maak voorsiening vir 'n borgskap vir een kursusganger, wat bondig deur die voornemende kursusganger asook 'n mentor gemotiveer moet word. Rachelle Greeff bied van Vrydag 13 tot Saterdag 14 September 'n skryfkursus by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl aan. Kursusgangers het die keuse om in die maand ná die kursus ook hul eie skryfwerk vir kommentaar voor te lê. Die kursus sluit ook een borgskap in. Greeff werk in verskillende genres, maar is veral bekend vir haar kortverhale en die toneelstuk Die Naaimasjien wat verlede jaar as The Sewing Machine ook in Edinburgh, Skotland, opgevoer is. Haar koerantwerk behels boekresensies en onderhoude met skrywers. Kursusgangers ontvang 'n maand voor die kursus elk 'n kortverhaal asook 'n koerantrubriek of tydskrifskets. Dit dien as wegspringplek vir die eerste sessie. Daaropvolgende sessies fokus op praktiese kwessies waarvan nuwe skrywers moet kennis neem voor hulle by uitgewers en media-redakteurs aanklop. As opsionele ekstra het kursusgangers agterna 'n maand waarin hulle óf 'n rubriek (620 woorde) óf 'n kortverhaal (nie langer nie as 2 000 woorde) kan skryf. Dit word eenmalig deur die kursusleier geredigeer en aan die kursusganger terugbesorg. Dié aanbod is by die kursusfooi ingesluit. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 16 Augustus. Die Taalmonument maak voorsiening vir 'n borgskap vir een kursusganger, wat bondig deur die voornemende kursusganger asook 'n mentor gemotiveer moet word. Die kursus word tot 12 persone beperk en vind daagliks van 09:00 tot 16:00 plaas. Die kursusfooi is R2 000 per persoon. 'n Ligte vingermiddagete en koffie/tee is ingesluit. Vir meer inligting, kontak Amira Clayton by tel. 021 863 4809/0543 of e-pos az.oc.muesumlaat@eisakinummok. Date: 13 September 2013 to 14 September 2013Time: 09:00 - 16:00 Venue: Afrikaanse Taalmuseum, Paarl Cost: R2000 More info: Afrikaanse Taalmuseum |