Produksieassistent

Location:Pretoria, Midrand
Education level:Matric
Job level:Junior/Mid
Type:Permanent
Company:Penguin Random House South Africa


Job description

LAPA Uitgewers, (? afdeling van Penguin Random House, Suid-Afrika) het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde en dinamiese persoon om as Produksieassistent by LAPA Uitgewers in Pretoria diens te verrig. Vir u kennis is LAPA Uitgewers se kantore huidiglik in Pretoria gebaseer, met beplanning om na Midrand te skuif binne die volgende jaar of vroeg volgende jaar.

Hoofverantwoordelikhede
  • Koördinering en uitvoering van verskeie administratiewe produksieverwante take in die uitgewersafdeling van die maatskappy.
  • Bystand in die uitvoering van die jaarlikse publikasieprogram en produksieskedule.
  • Opstel en bestuur van skedules en sakeplanne vir gedrukte en digitale produkte.
  • Gereelde skakeling met medewerkers en skrywers.
  • Aanvra van kwotasies en onderhandeling van drukpryse.
  • Gehaltebeheer van die druk- en bindwerk van nuwe publikasies.
  • Die bestuur van die produksieproses van gedrukte en digitale produkte.
  • Kan onder hoë druk werk en krisisse bestuur.
  • Uitstekende organisatoriese en administratiewe vaardighede.
  • Uitstekende beplanningsvaardighede.


Requirements

  • Uitstekende organisatoriese en administratiewe vaardighede.
  • Uitstekende beplanningsvaardighede.
Algemene vereistes:

Indien jy iemand is wat ’n liefde het vir boeke met ’n spesifieke belangstelling in die Afrikaanse literatuur en aktuele sake, oor goeie taal- en syfervermoë beskik, sterk rekenaarvaardig is in onder meer Microsoft Office en Pastel Evolution, oor uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede beskik, ondervinding in die uitgewersbedryf het, oor sterk organisatoriese en skakelvaardighede beskik, ’n toepaslike kwalifikasie en geldige rybewys het, is dié pos vir jou.

Posted on 28 Jul 13:14

Apply by email

Charissa de Wet

Or apply with your Biz CV

Create your CV once, and thereafter you can apply to this ad and future job ads easily.


Get job alerts for Production Assistant jobs

Let's do Biz