Your cv
Get jobs on your
mobile phone

Joernalis

Location:Pretoria, Kloofsig, Centurion
Education level:Degree
Job level:Junior/Mid
Own transport required:Yes
Travel requirement:Occasional
Type:Permanent
Reference:#Joernalis
Company:Maroela Media


Die pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer en om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy: ’n B-graad of soortgelyke NQF-kwalifikasie in joernalistiek, media of kommunikasie; minstens drie jaar se ondervinding in die joernalistiek veld; en ’n liefde vir Afrikaans, nuus, skakelwerk, sosiale en nuwe media. ’n Geldige bestuurslisensie en eie vervoer is noodsaaklik vir hierdie pos.

Ervaring in verskillende aspekte van joernalistiek – byvoorbeeld harde nuus, hofverslaggewing, sagter of tydskrifnuus en dies meer – sal ’n aanbeveling wees, asook goeie skryf- en onderhoudvoeringsvaardighede.

Die pligte van die pos behels onder meer om –  
  • nuuswaardige gebeure en nuusstories vir Maroela Media te identifiseer;
  • die nodige inligting en kommentaar vir die skryf van berigte in te samel;
  • hofsake en ander geleenthede by te woon om verslaggewing daaroor te doen;
  • onderhoude vir die skryf van berigte en profiele te voer;
  • media, nuusagentskappe, webtuistes en ander bronne vir nuus te moniteer;
  • ’n verhouding met ’n netwerk van kontakte en bronne vir nuusstories te onderhou;
  • met tye geleenthede vir netwerkdoeleindes by te woon;
  • soms geleenthede, mediakonferensies, funksies, en so meer buite kantoorure by te woon; en
  • na-uurse nuusskofte te werk.

Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is die vermoë om goed onder druk te kan werk en by spertye te kan hou. Die geskikte kandidaat moet ook inisiatief kan neem en onafhanklik kan werk. Deeglike kennis en begrip van ’n digitalemediaomgewing sal voordelig wees, asook ’n basiese kontaktenetwerk.

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om soms oortyd of oor naweke te werk.

Stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 26ste April aan Mienke Mostert by as jy in hierdie profiel pas.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

Posted on 12 Apr 16:29

Apply
Mienke Mostert

0126444485
Or apply with your Biz CV
Create your CV once, and thereafter you can apply to this ad and future job ads easily.


Looking for specialists in Advertising, Marketing and Media?
        
Advertising, Marketing,
PR, Media and Digital
Jhb: 011 883 5404
CT: 021 422 3590 www.adtalent.co.za
    
Recruiters & Career Coaches in Advertising, Marketing, Media, PR, IT and Digital.
Lynn: 082 802 4441
    
Specialists in Tech & Marketing recruitment
Jackie: 072 487 3387
Nova: 073 393 9731