Your cv

Related jobs

More marketing & media jobs...
Get jobs on your
mobile phone

Inhoudsredakteur

Location:Pretoria, Kloofsig
Education level:Degree
Job level:Senior
Type:Permanent
Reference:#Inhoudsredakteur
Company:Maroela Media


Die pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy minstens ‘n driejaargraad in Joernalistiek, Media, Kommunikasie of ’n soortgelyke kwalifikasie, en minstens 4 jaar ondervinding in die joernalistieke bedryf waarvan minstens 1 jaar ondervinding in ‘n bestuursposisie. Jy moet ook bewese ervaring in die digitale media hê en uitstekende begrip van en insig in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse mediawese, ’n aanvoeling vir media-etiek en mediawetgewing, sowel as ? baie wye algemene kennis. Jy moet ook ‘n belangstelling in die Afrikaanse kunste-, letterkunde- en vermaakbedryf hê.

Die pligte van die pos behels onder meer:  
  • Bestuur van die sagtenuuskantoor en -joernaliste
  • Toeken van sagtenuusstories aan joernaliste
  • Hulp aan joernaliste met die uitvoer van sagtenuusopdragte
  • Nagaan en goedkeur van alle sagtenuusstories wat deur joernaliste geskryf word
  • Gehaltebeheer van alle sagtenuusberigte
  • Gehaltebeheer oor die produksamestelling van sagte nuus op die webwerf en ander platforms
  • Verseker dat die redaksionele beleid deur sagtenuusjoernaliste toegepas word
  • Bystanddiens aan sagtenuusjoernaliste wanneer funksies na-ure bygewoon word
  • Opleiding aan nuwe sagtenuusjoernaliste
  • Insette in redaksionele bestuursbesluite
  • Skryf en publiseer self sagtenuusstories soos nodig, veral moeiliker en meer ondersoekende stories.
Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is die vermoë om goed onder druk te kan werk en by spertye te kan hou. Die geskikte kandidaat moet ook inisiatief kan neem en onafhanklik kan werk. Deeglike kennis en begrip van ’n digitalemediaomgewing, asook basiese kontaktenetwerk, sal voordelig wees.

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om soms oortyd of oor naweke te werk.

Stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 15 Maart 2019 aan Mienke Mostert by as jy in hierdie profiel pas.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

Posted on 15 Apr 09:07

Apply
Mienke Mostert

012 644 4485
Or apply with your Biz CV
Create your CV once, and thereafter you can apply to this ad and future job ads easily.


Get job alerts for Content Manager jobs

More...
Looking for specialists in Advertising, Marketing and Media?
        
Advertising, Marketing,
PR, Media and Digital
Jhb: 011 883 5404
CT: 021 422 3590 www.adtalent.co.za
    
Recruiters & Career Coaches in Advertising, Marketing, Media, PR, IT and Digital.
Lynn: 082 802 4441
    
Specialists in Tech & Marketing recruitment
Jackie: 072 487 3387
Nova: 073 393 9731