Loebi die drakie

Loebi die drakie gaan binnekort by ons kom kuier by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.

Eers was daar Balkie, toe Babalela, en nou is daar ... Loebi die Drakie! Dié klein ontdekkingsreisiger kom kuier op Woensdag, 12 Desember by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.

Net soos die gewilde en veelbekroonde skrywer Martie Preller se ander hart-steel karakters, Balkie en Babalela, het Loebi die Drakie al diep in talle kinderhartjies ingekruip en baie ouers laat glimlag.

Tydens dié nuwe verhoogproduksie vir kinders ontdek Loebi dag na dag meer en meer van sy drakewêreld, soos 'n kind sy mensewêreld ontdek. Die drakewêreld is bietjie anders as die mensewêreld, maar nie só anders nie. Per slot van sake hou die drake die aarde dop ... En nou het Loebi kom kuier in die mensewêreld om die mensekinders van naderby te beskou!

Kom ontmoet Loebi in lewende lywe en vind uit wie of wat is Die Ding wat in die Rietbos bly. As jy hou van Babalela, sal jy mal wees oor Loebi die Drakie.

Die vertoning, ten bate van die Taalmonument se Leesprojek, vind van 11:00 tot 12:00 plaas by die Tuinteater op die grasperk reg langs die Taalmonument. Gaste moet kussings, komberse en opvoustoele saambring. Indien die weer sleg is, skuif die vertoning na die Besoekersentrum.
Toegang by die hek is R65 per persoon (gratis onder 1 jaar). Gaste kan hul eie eetgoed saambring of verversings by Volksmond Koffiewinkel koop (tel. 021 863 2800). Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde word toegelaat nie.
Die volgende kindervertoning by die Taalmonument is 'n optrede van Lollos 4: Oe La La Suid-Afrika op 2 Februarie 2013. Vir verdere inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, skakel 021 863 4809/0543 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument



Date: 12 December 2012
Time: 11:00 - 12:00
Venue: Die Afrikaanse Taalmonument, Paarl
Cost: R65 under 1 year-free

More info:

Gabbema Doordrift Street,Paarl



 
For more, visit: https://www.bizcommunity.com