Basiese Proeflees- en Subredigering

Foute, aanlyn en in druk, laat 'n mens bloos. Vat die probleem vas met verbeterde proeflees- en subvaardighede.

Wees op die voorpunt wanneer jy subredigeer en proeflees; word 'n meer afgeronde sub en 'n beter skrywer - in druk en aanlyn.

Hou jou en jou publikasie se reputasie in stand deur seker te maak jou kopie is foutloos!
In hierdie omvattende driedagkursus sal jy die volgende onder die knie kry:
• Die noodsaaklike reëls van subwerk;
• Hoe om goed gestruktureerde sinne te skryf, die reëls van taalkunde en spraak;
• Verskillende soorte leestekens;
• Hoofletters, koppeltekens, kolpunte, akronieme, titels;
• Begryp en skryf volgens styl;
• Algemene probleme;
• Die feite oor die nagaan van feite;
• Waarom ontwerp vir subs van belang is;
• Skryf onderskrifte wat aandag trek;
• Herskryf vir Twitter, Facebook en blogs; en,
• Soekenjin-optimisering en die nuwe reëls van SEO.

Hou jou reputasie en dié van jou publikasie in stand deur skoon kopie te lewer! Jy kan jou nuwe vaardighede op die proef stel tydens die opleidingsessies.

Wie moet die kursus bywoon?
Hierdie is 'n kern- (basiese) kursus. Dit is die ideale kursus vir subredigeerders van wie verwag word om alles te doen, asook joernaliste wat niks anders as net die skoonste kopie wil lewer nie.

Meer oor die aanbieder: Helen Ueckermann is 'n bekroonde joernalis en ervare subredakteur en bladontwerper met jare ondervinding by Beeld en Rapport. Sy werk tans as 'n vryskutkonsultant en is voorsitter van die Suider-Afrikaanse Vryskutvereniging (Safrea). Helen redigeer en vertaal akademiese studiegidse vir Unisa, en skryf, redigeer en vertaal in en na Afrikaans vir 'n verskeidenheid korporatiewe instellings en skakelmaatskappye. Sy is 'n ervare aanbieder en het verskeie kere as gasdosent by die Universiteit van Johannesburg en Noordwes-Universiteit se Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampusse klasgegee.



Date: 11 June 2013 to 13 June 2013
Time: 09:00 - 16:00
Venue: Institute for the Advancement of Journalism, Johannesburg

More info:

1 Richmind Forum, Cedar Avenue, Richmond



 
For more, visit: https://www.bizcommunity.com