Fiksiekursusse

Laat ons jou help om daardie eerste manuskrip te skryf en die werkinge van die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf te verstaan.

Wil jy graag leer skryf, maar jy weet nie waar om te begin nie? Ons aanlynskryfkursusse is ontwikkel om jou stap-vir-stap te begelei as jy 'n roman of 'n kinderboek wil skryf. Jy kry deurlopend kundige raad, leiding en een-op-een ondersteuning van ervare en bekroonde Afrikaanse skrywers.

Wat laat SA Writers' College skryfkursusse uitstaan?
- Jy word begelei op 'n een-op-een-basis. Stap-vir-stap van idée tot die voltooide manuskrip
- Jou kursus duur een jaar, nie net een naweek nie!
- Ons studieleiers is bekroonde, professionele skyrywers.
- Jy het toegang tot persoonlike aandag en kundige kommentaar 24/7

DIE BASIESE KREATIEWE SKRYFKURSUS
- Hierdie aanlynkursus fokus op die basiese vaardighede van kreatiewe skryf: dialoog, aksie en beskrywing. Studente voltooi veertig skryfoefeninge in die vier maande en kan stap-vir-stap ondersteuning, leiding en kundige raad verwag.
- Kursusbesonderhede:
Modules: Drie Modules: 120 bladsye propvol skryfwenke
Duur: Vier maande
Koste: R3795
Aanvangsdatum: Enige tyd - aansoeke word heeljaar aanvaar by www.sawriterscollege.co.za

SKRYF 'N ROMAN
Hierdie aanlynskryfkursus is ontwikkel om jou stap-vir-stap te begelei as jy 'n roman wil skryf onder leiding van Wilna Adriaanse, 'n ervare Afrikaanse skrywer.
Koste: R6495.00
Modules: 12 modules: 220 bladsye propvol skryfwenke
Duur: Een jaar
Aanvangsdatum: Enige tyd - aansoeke word heeljaar aanvaar by www.sawriterscollege.co.za
Student lewer: 20 000 - 25 000 woorde, 'n boekopsomming en 'n boekvoorlegging
LET WEL: Die kursusmateriaal sal in Engels voorsien word. Alle opdragte, manuskripte en korrespondensie kan egter in Afrikaans gelewer word.
Studieleier: Wilna Adriaanse behaal die grade BA en BA Hons in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Verder studie in Sielkunde volg aan die Universiteit van Suid Afrika.
Sedert 2000 het sy 12 boeke geskryf en gepubliseer. Van die meer onlangse boeke is, Rebecca, Met ander woorde en Die boek van Ester.
In 2002 wen sy Lapa-uitgewers se Liefdesverhaaltoekenning. In 2009 word Die Boek van Ester benoem vir die M-Net prys vir Mees Verfilmbare manuskrip en dieselfde boek wen 'n ATKV/Sanlam Woordveertjie vir Beste Liefdesverhaal.
Wilna is op die oomblik besig met haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad.

LITERERE KORT EN KITSFIKSIE -KURSUS:
Skryf jy graag stories en wens om eendag 'n gepubliseerde skrywer te word?

In die kursus bied ons jou al die skryfgereedskap om kortverhale te skryf. Ons bied ook wenke wat jou kan help om stories in Afrikaanse tydskrifte uit te gee. Jy sal terugvoering kry oor tien van jou skryfopdragte, insluitende agt fiksiewerke wat jy gedurende die kursus voltooi, deur 'n bekende en bekroonde skrywer.

LET WEL: Die kursusmateriaal sal in Engels voorsien word. Alle opdragte, manuskripte en korrespondensie kan egter in Afrikaans gelewer word.

In die loop van die kursus gaan ons die volgende ondersoek:
Hoe om gesonde skryfgewoontes aan te leer;
Hoe om oortuigende karakters te skep;
Die struktuur en storieknoop van 'n goeie kortverhaal;
Hoe om realistiese dialoog te skryf;
Hoe die vertellersoogpunt die storie beïnvloed;
Hoe om kitsfiksie te skryf;
Die redigering van jou werk voordat jy dit voorlê;
Waarheen met jou stories? Ons gee wenke van klein en groot Afrikaanse uitgewers.

Kursusbesonderhede:

Modules: Tien modules
Duur van Kursus: Kursus kan binne twaalf maande voltooi word.
Begindatum: Enige tyd; applikante is welkom dwarsdeur die jaar via ons webwerf.

Studente moet die volgende voltooi:

Tien skryfoefeninge (evaluering van en terugvoering oor elkeen); ses van die stories is volledige kortverhale, elk 1500 woorde lank; en dan is daar twee kitsstories, elk 500 woorde lank.

Toelatingsvereistes:
Basiese skryfvaardighede is van kardinale belang;
Studente moet bedrewe wees in Afrikaans;
Komputervaardighede, e-pos en internettoegang word vereis;
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word verlang nie.



Date: 08 May 2015
Venue: Online correspondence course, Countrywide

Date: 22 May 2015
Venue: Online correspondence course, Countrywide

Date: 29 May 2015
Venue: Online correspondence course, Countrywide

Date: 05 June 2015
Venue: Online correspondence course, Countrywide

Date: 19 June 2015
Venue: Online correspondence course, Countrywide

Date: 26 June 2015
Venue: Online correspondence course, Countrywide

 
For more, visit: https://www.bizcommunity.com