http://www.bizcommunity.com
 

R300 000 vir die Huisgenoot- en YOU-plakstukwenner!

16 Feb 2012 13:25Submit a commentBizLike
Die Nelson Mandela 27 for Freedom-pretloop was 'n opwindende geleentheid vir die vyf finaliste van Huisgenoot en YOU se plakstukkompetisie. Huisgenoot, YOU en DRUM was 'n mediaborg van die pretloop en het 'n waterpunt by Madiba se huis gehad, waar stappers kon sien waar die oudpresident die laaste drie jaar van sy aanhouding gebly het. Dis ook hier waar die vyf finaliste sou hoor watter een van hulle met ons boerpotprys van R300 000 wegstap.
"Ek het nogal vooraf vir hulle gesê hulle moet seker maak my naam is reg gespel, want ek soek nie 'n fout op die tjek nie!" sê Fay Goldwasser van Westville, Durban, laggend.

Die R300 000-tjek was in 'n deurskynende perspeksboks toegesluit en die finaliste het elkeen 'n beurt gekry om een van vyf sleutels te kies. Die een wie se sleutel die boks oopgesluit het, sou die wenner wees. Fay het die derde sleutel gekies, nader gestaan en toe... "Ek kon nie glo toe die sleutel in die slot draai nie! Ek kan dit nou nog nie glo nie."

Fay het vooraf gesê sy sal vir haar dogter Michelle in Doebai gaan kuier as sy die geld wen en toe ons haar twee dae later bel, was sy reeds besig om 'n visum vir die kuier te reël. "My kleinseun het die groot tjek in sy kamer opgeplak. Dis maar goed ek het die tjek gehad, want my familie het gedink ek trek hul been toe ek bel om te sê ek het gewen!"

Fay sê die naweek in Kaapstad om die Nelson Mandela 27 for Freedom-pretloop by te woon was 'n wonderlike ervaring. "Huisgenoot en YOU het ons soos koninklikes behandel; dit was regtig 'n voorreg."

As jy een van Huisgenoot of YOU se volgende wenners wil wees, maak seker jy is 'n deelnemer in die Maand-van-liefde-kompetisie wat tans in die tydskrif is. Daar is weeklikse pryse sowel as 'n bonus-kontantprys van R200 000 op die spel en daar is nog net twee weke oor om in te skryf! As jy een van die uitgawes misgeloop het, kan jy dit bestel. Bel 0860-103-686, stuur 'n e-pos na of stuur 'n SMS met die woord HUISGENOOT, jou naam en kontakbesonderhede na 32113.


Media24 Weeklikse Tydskrifte is die uitgewer van Huisgenoot, YOU, DRUM, Landbouweekblad, Huisgenoot-Tempo, SA Hunter/Jagter, NewsNow/NuusNou, TVPlus, Finweek en Heat.

Visit our PRESS OFFICE:

Media24 Family Magazines publishes the biggest magazine brands in South Africa. In our stable we have Huisgenoot, YOU, DRUM, TVplus and our brand extensions YOU Pulse, Huisgenoot Pols and Huisgenoot Tempo.- more....

  RSS Newsfeed from Media24 Weeklies


 
Copyright © 2013 Bizcommunity.