Die Burger se 'By' sprei vlerke nou landwyd

By, spogbylae van Die Burger, sit vanaf Saterdag 6 September ook ekstra zoem in Die Burger se susterkoerante Beeld en Volksblad.
Dié opwindende publikasie, wat reeds etlike jare Burger-lesers vermaak, laat debatteer, en inlig, se suksesresep bly onaangeraak. By sprei nou sy vlerke wyd oor die land.

Peet Kruger, redakteur van Beeld, het gesĂȘ in die beginjare van Beeld het By ook in dié koerant verskyn, maar dit het later weggeval.

"Die laaste jare het By onder leiding van Liza Albrecht ontwikkel in een van die beste gehaltepublikasies van sy soort landwyd en daarom is Beeld in sy skik dat ons voortaan ook aan ons lesers die geleentheid kan bied om By te lees. Ons verwelkom By met ope arms terug by Beeld."

1 Oct 2006 12:12

<<Back





 
More options