Nuut! Huisgenoot-Speel - jou groot alles-in-een-aktiwiteitsboek

Huisgenoot se nuutste tydskrif gaan ouers baie gelukkig maak: Huisgenoot-Speel het meer as 160 aktiwiteite waarmee kinders tussen twee en 12 besig gehou kan word.
Daar is outydse speletjies, wilde wetenskap, konserte, kunsprojekte en allerhande doendinge in die huis en daarbuite. Daar is soveel oulike dinge wat kinders self kan maak dat hulle beslis nie soveel ure voor die TV sal wil deurbring nie. 'n Bonus is dat baie van die projekte afvalmateriaal gebruik asook voorraad wat jy reeds in die huis het.

Huisgenoot-Speel bied ouers naweke en vakansies vol kanse om gehaltetyd saam met hul kleingoed deur te bring - of om hulle te stuur om hulle self te gaan besig hou terwyl jy 'n blaaskans kry.

Onderwysers in kleuter- en laerskole sal ook die meeste van die speletjies, projekte en ander aktiwiteite baie nuttig vind.

Met Huisgenoot-Speel hoef geen ouer weer te wonder wat om te antwoord nie as daardie droewe stemmetjies begin teem: "Ma, ons is verveeld, wat kan ons dóén?"

Huisgenoot-Speel (in Engels te kry as YOU Play) is beskikbaar in groot supermarkte landwyd, maar jy kan dit ook bestel. SMS die woord SPEEL, jou naam en kontakbesonderhede na 32113, of stuur 'n e-pos na of bel 0860-103-686.


Media24 Weeklikse Tydskrifte is die uitgewer van Huisgenoot, YOU, DRUM, Landbouweekblad, Huisgenoot-Tempo, SA Hunter/Jagter, NewsNow/NuusNou, TVPlus, Finweek en Heat.

20 Mar 2012 07:02

<<Back





 
More options
LEGAL DISCLAIMER: This Message Board accepts no liability of legal consequences that arise from the Message Boards (e.g. defamation, slander, or other such crimes). All posted messages are the sole property of their respective authors. The maintainer does retain the right to remove any message posts for whatever reasons. People that post messages to this forum are not to libel/slander nor in any other way depict a company, entity, individual(s), or service in a false light; should they do so, the legal consequences are theirs alone. Bizcommunity.com will disclose authors' IP addresses to authorities if compelled to do so by a court of law.