Volgens Waldimar Pelser,
NuusNou se redakteur, beteken die tydskrif se nuwe omslagprys "
NuusNou is meer toeganklik vir 'n wyer gehoor vir 'n beperkte tydperk", wat dit goedkoper maak om te weet wat in die wêreld aangaan.
"Ons weeklikse keur van die beste brokkies uit Suid-Afrika en die res van die wêreld is nou selfs beter waarde. Ons bied menings en stories van reg oor die wêreld en publiseer gereeld van die beste joernaliste se werk. Teen R10 is dit meer bekostigbaar vir baie meer lesers," het Pelser gesê.
Wat beteken dit vir bestaande intekenare? Diegene wat reeds ingeteken het, sal verlengde intekenings kry teen geen ekstra koste nie sodat hulle ook kan voordeel trek uit die spesiale aanbod. Nuwe intekenare se tydskrifte kan by hul huise afgelewer word teen so min as R8 per week.