Huisgenoot Grappe nou op die rak

Huisgenootgee vanjaar nog 'n splinternuwe tydskrif uit: 'n sakpas grapboekie vir almal wat lus het vir lekker lag.
Druk die handige boekie in jou handsak en vertrek lag-lag op die langpad, of maak iemand se dag met 'n klein Kersgeskenkie vir slegs R29,95. Daar is grappe oor die huwelik, oor werk, blondines, die politiek en ou Koos maak ook 'n verskyning.

Top komediante soos Casper de Vries, Margit Meyer-Rodenbeck en Shimmy Isaacs het bydraes gemaak tot dié boekie. Huisgenoot se eie spotprenttekenaar Kobus Galloway se werk is ook hierin opgeneem.

Huisgenoot Grappe is vandeesweek op die rak en is by groot supermarkte en boekwinkels landwyd beskikbaar. As jy sukkel om 'n eksemplaar te kry, SMS Huisgenoot Grappe en jou naam na 32113 (SMS kos R1), stuur 'n e-pos na of bel 0860-103-686.

25 Nov 2011 15:47

<<Back





 
More options