Your cv
Get jobs on your
mobile phone

Administration

Remuneration:negotiable 
Location:Johannesburg, Highlands North
Education level:Diploma
Job level:Junior/Mid
Type:Permanent
Reference:#7dL01
Company:7de Laan


Job description

Administratiewe pos beskikbaar in 7de Laan-teksdepartement
  • Intreevlakpos/junior-aanstelling
  • Rapporteer direk aan die hoofskrywer
  • Voltydse pos (vyf dae per week) in Highlands North, Johannesburg (Sasani Studios)
  • Afrikaans Eerste Taal, of topgehalte gesproke en geskrewe Afrikaans – uitgebreide taalkennis prioriteit
  • Vlot in gesproke en geskrewe Engels
  • Omvattende kennis van Microsoft Office, basiese kennis van Microsoft Excel
  • Uitstekende kommunikasievaardighede en menseverhoudings van uiterste belang
Stuur jou CV met telefoonnommers van verwysings na .

Company Description

Danie Odendaal, die vervaardiger en skepper van 7de Laan, het die idee vir hierdie gewilde sepie amper twintig jaar gelede gekry toe hy nog 'n inwoner van Melville was en soggens oor koffie en ontbyt in sy gunsteling-koffiekroeg die mense dopgehou het.

Danie het mense-mense gesien en ervaar, mense met hul goeie hoedanighede, maar ook hul foute. Hy het sy gedagtes vrye teuels gegee en begin dink aan karakters waarmee hy sy fiktiewe buurt en bymekaarkomplek kon vul: 'n suinige sakeman wat heeldag loop en skinder, die bestuurderes van sy koffiewinkel met 'n hart van goud wat vure doodslaan en almal se trane afdroog, oulike en mooi kelnerinne wat ook maar hul eie dramatjies en intriges beleef. En dan ook 'n paar eksentrieke inwoners soos 'n ouwêreldse heer met 'n swak hart wat sy sêgoed verkeerd inspan en 'n groot bewondering vir die Wyse Salomo het, en 'n formidabele matrone met 'n erg militaristiese streep wat die ouetehuis met 'n ysterhand regeer. En elke sepie moet 'n superfeeks of twee hê. Wat van twee ryk, vooraanstaande, snobistiese vroue wat mekaar voortdurend die stryd aansê en 'n donker geheim deel? En daar moet altyd 'n oujongnooi wees wat droom van die dag wat sy voor die kansel gaan staan.

Danie het die destydse SAUK genader met sy idee vir 'n sepie, nog voor daar enige ander sepies was, maar hulle het toe gevoel hulle was nie reg daarvoor nie. En toe hulle hom tien jaar gelede nader en vra of hy vir hulle 'n reeks sal ontwikkel, is die idee weer uitgehaal en afgestof.

Oppiekoffie se naam was oorspronklik Die Koffiekan en dit was ook die werkstitel van die reeks. Dit was herdoop na “Hoe Meer Dae...”, maar daar was gevoel dat dit te na aan “Days of our Lives” was. Uiteindelik is daar besluit op 7de Laan want dit weerspieël 'n plek waar mense woon en werk en daar is omtrent nie 'n dorp of stad in Suid-Afrika wat nie 'n 7de Laan het nie. Dit was ook iets wat maklik op die tong val en grafies gesproke kan 'n 7 aantreklik uitgebeeld word.

Die reeks het sy buiging op SABC2 op Dinsdag, 4 April 2000 gemaak. Aanvanklik is dit net twee keer 'n week uitgesaai, maar tans word dit vyf keer 'n week, van Maandae tot Vrydae, gebeeldsend en op Sondae in 'n omnibus herhaal. Die sepie het gegroei tot die tweede gewildste in Suid-Afrika na Generations. Dit trek ongeveer 1,95 miljoen kykers per episode, meer as 70% van sy teikenmark.

Requirements

  • Diploma/Graad in Taal, Taalkunde, Dramakunde, TV en/of Film sal in jou guns tel
  • Passie of aanvoeling vir die vertel van storie en skryf is bonus


Posted on 04 Oct 10:55

Apply by email
Vivian Monyela

Or apply with your Biz CV
Create your CV once, and thereafter you can apply to this ad and future job ads easily.