Die tydskrifjoernalistieke kursus neem jou stap-vir-stap deur die prosesse waardeur elke joernalis moet gaan om tydskrifartikels te kan skryf en verkoop.
KURSUSBESONDERHEDE: Modules: 10 lesse Koste: R4295.00 Duur: Kursus kan volgens eie pas voltooi word: tussen 15 weke en fyf maande Registrasie: Aanlyn by www.sawriterscollege.co.za
Studente moet die volgende voltooi... Nege skryfoefeninge (vir beoordeling en terugvoer) Een navraagbrief Een vollengte persklaar artikel
TOELATINGSVEREISTES: Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang word benodig Geen vorige tersiêre kwalifikasie is nodig nie
OPLEIER: Danielle Barfoot Buiten 'n string artikels en voorbladstories vir tydskrifte soos SA Home Owner, Built, Top Huis en Avokado, het Danielle Barfoot ook al in die skakeldienste as skrywer en konsultant vir beide plaaslike en internasionale kliënte opgetree. Sy het 'n graad in joernalistiek (cum laude) aan die Pretoria Technikon (nou Tshwane Universiteit van Tegnologie) verwerf en is tans besig met haar Meestersgraad, ook in die joernalistiek. Danielle stel veral belang in gesondheid, en het in 2008 'n Galliova-merietetoekenning vir haar gesondheidsartikels ontvang.
KURSUSLEERPLAN: Module Een - Die Genre van Tydskrifjoernalistiek Onderskei tussen tydskrifjoernalistiek en ander skryfgenres Weet wat jy nodig het om as vryskutjoernalis 'n begin te maak Leer om sistematies te werk Ken die elemente van tydskrifjoernalistiek Kry antwoorde op die mees algemene vrae oor 'n loopbaan in tydskrifjoernalistiek Werkstuk 1: Oefen om nie-fiksie te skryf wat "wys" eerder as "vertel" (beoordelings- en terugvoertake) Module Twee - Teiken Jou Mark Ontleed 'n tydskrif ten opsigte van inhoud, styl, formaat, invalshoek, teikenmarkte en lesersprofiel Leer hoe om jou skryfwerk teen dié van 'n geselekteerde tydskrif te meet Onderskei tussen die verskillende tipes artikels wat in tydskrifte gevind word Werkstuk 2: Analiseer die lesersprofiel, styl, invalshoek en formaat van 'n geselekteerde tydskrif (beoordelings- en terugvoertaak) Module Drie - Onderwerpe Wat Verkóóp Weet waar en hoe om trefferidees te vind Leer tegnieke aan om idees te kry Onderskei tussen 'n onderwerp en 'n invalshoek Bestudeer 'n oorsig van bekende tydskrifte in SA Werkstuk 3: Verfyn invalshoeke; Hoe om 'n invalshoek vir 'n artikel te identifiseer (terugvoertaak) Module Vier - Onthulling Van Die Industrie Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte Werkstuk 4: Skryf 'n navraagbrief vir jou geselekteerde tydskrif waarin jy alle aspekte van styl, invalshoek, inhoud en formaat vervat (beoordelings- en terugvoertaak) Module Vyf - Kry Jou Feite Reg Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit Leer onderhoudvoeringstegnieke Kry betroubare inligtingsbronne Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy Werkstuk 5: Werk die struktuur van jou voorgestelde artikel uit, en maak seker van die logiese vloei van inhoud ((terugvoertaak) Voer onderhoude en doen navorsing Module Ses - Die Onweerstaanbare Aanvangsparagraaf Onderskei die kritiese elemente van 'n onweerstaanbare inleiding Identifiseer die verskillende tipes inleidings Werkstuk 6: Skryf 'n onweerstaanbare begin vir jou artikel (beoordelings- en terugvoertaak) Module Sewe - Lyftaal Deel I Identifiseer the hoofbestanddele wat 'n artikel "lyf" gee Gebruik die basiese storiestruktuur om jou artikel te beplan Gebruik oorgangstegnieke en logiese vloei om leesbaarheid te vergemaklik Identifiseer die faktore wat leesbaarheid beïnvloed Werkstuk 7: Begin om die hoofgedeelte van jou artikel te skryf (beoordelingstaak) Module Agt - Lyftaal Deel II Identifiseer die belangrikste grammatikale-, styl- en leestekenreëls Ken die reëls vir die korrekte gebruik van kwotasies en aanhalings Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik Werkstuk 8: Toets jou kennis van grammatika, styl en leestekens (beoordelings- en terugvoertaak) Werkstuk 9: Timmer die inhoud tot perfeksie (beoordelingstaak) Module Nege - Eindig In Styl Identifiseer die verskillende slottipes Werkstuk 10: Skryf die slot vir jou artikel (terugvoertaak) Module Tien - Die Finale Snit Redigeer jou artikel volgens basiese riglyne Verstaan die verskillende tipes dekbriewe en hoe om jou artikel in 'n professionele wyse aan te bied Betalings Oorwin terugslae en skrywersblok Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie Werkstuk 11: Redigeer jou artikel en lê dit voor saam met 'n dekbrief (beoordelings- en terugvoertaak)
Venues
Date: 02 July 2013 Location: Online Correspondence Course, Countrywide Cost: R 4295.00
Date: 23 July 2013 Location: Online Correspondence Course, Countrywide Cost: R 4295.00
Date: 30 July 2013 Location: Online Correspondence Course, Countrywide Cost: R 4295.00
Date: 06 August 2013 Location: Online Correspondence Course, Countrywide Cost: R 4295.00
Date: 20 August 2013 Location: Online Correspondence Course, Countrywide Cost: R 4295.00
Date: 27 August 2013 Location: Online Correspondence Course, Countrywide Cost: R 4295.00
Promote an event by submitting a workshop, seminar or any other corporate gathering to promote your brand on Bizcommunity. Posted events display in the Bizcommunity calendar where they will be visible to all users on Bizcommunity.