Hierdie skryfkursus is prettig, prakties en gepak met al daardie skryfgeheime wat jy nodig het om jou storie-idee om te tower in 'n voltooide manuskrip gereed vir publikasie.
Elke module volg 'n stap-vir-stap-benadering en bevat kosbare inligting oor die skryfkuns, beproefde hulpmiddele om die proses te orden en te vergemaklik, en spesiaal uitgesoekte oefeninge om jou skryftalent te slyp. Die kursus is ook geskik vir diegene wat nie noodwendig wil leer skryf nie, maar meer oor kinderboeke en die skryfkuns in die algemeen wil weet.
Kursusprys: R3 995.00 Modules: 9 Einddoel: 'n Voltooide manuskrip van óf 5 000 óf 10 000 woorde
Plus: 'n sinopsis, hoofstukplan en voorleggingsbrief aan 'n uitgewer. Tydsduur: 6 - 8 maande
Gratis: 2 splinternuwe Afrikaanse kinderboeke! • Bessie Hemelbesem en oom Sak Sarel se testament • Die verlore eiland (Hierdie is addisionele studiemateriaal)
Studieleier:
Janie Oosthuysen het 'n BA-graad, en het al meer as 40 kinder-, tiener- en skoolboeke geskryf, waaronder die gewilde Ouma Hester-stories en die splinternuwe Bessie Hemelbesem-reeks. Sy is al talle male bekroon, onder meer met die gesogte C.P. Hoogenhout-prys, asook die Akademieprys vir haar Harry Potter-vertalings. Janie se kinderboekkursus is propvol skryfgeheime en kortpaaie. “Ek wens ek het hierdie kursus vyftien jaar gelede self gedoen ...” sê sy.
Wat jy moet hê: • 'n Liefde vir kinderboeke • Basiese Afrikaanse taalvaardighede • Toegang tot e-pos en die internet • Toegang tot 'n biblioteek of boekwinkel
Leerplan: Module 1 – Uitgewers en idees Module 2 –Storie-uitbouer Module 3 – Twee suksesvolle storielyne Module 4 – Wys, moenie vertel nie ... Module 5 – Wie se storie is dit dié? Module 6 – Nog vyf storielyne Module 7 – Gee die middel lyf Module 8 – Hou jou storie in toom Module 9 – Eerste indrukke ...
Registreer sommer nou... • Gaan na die home page • Beweeg na bo, heel regs • Kliek op application form En ontvang die eerste module heeltemal gratis
Laastens: Geniet dit!
Venues
Date: 13 March 2008 Location: Countrywide Cost: R3995.00
Date: 20 March 2008 Location: Countrywide Cost: R3995.00
Date: 27 March 2008 Location: Countrywide Cost: R3995.00
Date: 03 April 2008 Location: Countrywide Cost: R3995.00
Date: 10 April 2008 Location: Countrywide Cost: R3995.00
Date: 17 April 2008 Location: Countrywide Cost: R3995.00
Qualify with a Diploma in Communications Management from Vega which specialises in marketing and brand strategy.
The second semester commences on the 30th July and there are still a few spots open. Modules include: Principles of Brand Building, Market Information Management and Media Efficiency in Brand Building to mention a few.
Contact us on Jozi 011 326 3486, Durbs 031 266 2595 or iKapa on 021 425 7591. Vega The Brand Communications School
Africa's leading daily advertising, marketing and media news resource for the industry!