Die somer-uitgawe is almal se gids tot goed lyk en voel. Ons het onderwysers met fantastiese mooimaaksessies bederf en wys jou belangrike wenke wat jy daagliks kan gebruik. Probeer van die meer as 100 tegnieke om jou te help om jou vaardighede met die grimeerkwas op te knap, jou klerekas op te kikker, 'n pragtige haredos te kry, jou voorkoms te verfris en volg bekendes se oefeningprogramme om daardie droomlyf te kry.
Een gelukkige onderwyser het 'n mooimaaksessie van kop tot tone gekry, wat onder meer botoks, dermale vullers en velbehandelings ingesluit het. Vind nog uit oor die behandelings en ook die koste en voordele daarvan.
Lees alles oor hoe die plaaslike sepiester en voormalige onderwyseres Shaleen Surtie-Richards en hoor hoe sy aantrek om haar figuur te vlei.
En ons voorbladmeisie, die TV-aanbieder en aktrise Vicky Davis, praat oor haar opvoedkundige agtergrond en bederf een haar vriendinne, 'n onderwyseres, met 'n opwindende mooimaaksessie in die seisoen se witwarmste neigings.
Die tydskrifte sal jou help om jou doel te bereik - of jy 'n drastiese verandering of net 'n effense hupstoot soek.
Huisgenoot-Mooi en
YOU Makeovers is beskikbaar by voorste supermarkte teen R40 elk. Om dit te bestel SMS Huisgenoot-Mooi of YOU Makeovers en jou naam na 32113. Elke SMS kos R1. Of bel 0860-10-3687 of stuur 'n e-pos na huisgenoot_inteken@media24.com met die naam van die toepaslike tydskrif in die onderwerpveld.