Binne net drie dae het ongeveer 11 000 feesgangers saam met ons by die Huisgenoot-Namaquafees op Vredendal feesgevier. 'n Rekordgetal van 1 000 mense het die gemeenskapsfees op Donderdag 25 Oktober bygewoon waar Emo Adams en sy musiekgroep, Take Note, die fees behoorlik afgeskop het.
Die naweek is daar makietie gehou saam met van die topkunstenaars in die land. Veral Juanita du Plessis en Theuns Jordaan was gewild onder die feesgangers. Ook Nicholis Louw, Riana Nel en Robbie Wessels het opgetree. Daarby was daar 70 stalletjies, en feesgangers kon in die Castle-tent na die Curiebeker-eindstryd kyk. En het dit nie vir 'n goeie gees gesorg nie!
Die Pars-en-proetent het vanjaar weer lafenis teen die hitte gebied. Danksy die Matzikama-wynroete se voorste wynkelders kon almal 'n glasie wyn en die rustige atmosfeer geniet.
"Ons ondersteun die fees saam met Huisgenoot volkome en is saam met ons borge baie opgewonde en tevrede met die positiewe groei in die aantal feesgangers," sê Dean O'Neill, Matzikama se munisipale bestuurder.
"Dit is vir Huisgenoot 'n voorreg om betrokke te wees by sulke projekte waar ons so lekker saam met ons lesers kan kuier. Dankie vir almal se ondersteuning," sê Izelle Venter, Huisgenoot se hoofredakteur.
Huisgenoot en Namaqua Wyne sien daarna uit om aanstaande jaar weer saam met julle op Vredendal fees te vier. Van 24 tot 26 Oktober 2013 maak ons weer so!
Media24 Family Magazines publishes the biggest magazine brands in South Africa. In our stable we have Huisgenoot, YOU, DRUM, TVplus and our brand extensions YOU Pulse, Huisgenoot Pols and Huisgenoot Tempo.- more....
LEGAL DISCLAIMER: This Message Board accepts no liability of legal consequences that arise from the Message Boards (e.g. defamation, slander, or other such crimes). All posted messages are the sole property of their respective authors. The maintainer does retain the right to remove any message posts for whatever reasons. People that post messages to this forum are not to libel/slander nor in any other way depict a company, entity, individual(s), or service in a false light; should they do so, the legal consequences are theirs alone. Bizcommunity.com will disclose authors' IP addresses to authorities if compelled to do so by a court of law.